Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Hulde aan Claude" deur NEELS JACKSON
"Hulde aan Claude" deur NEELS JACKSON [boodskap #8573] Ma, 17 Februarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
HULDE AAN CLAUDE
Neels Jackson

lig, liggies
dryf glinster op water
glim gladde waterblad tot waar
wind rimpels fluister terwyl dagbreek
nader oor glimmende water
golfies rimpel ligter later
die glimlag van die maan
vergaan
dagbreekbriesie
bring 'n koue rilling waar
biesies kniediep in die water
staan luister na die wind wat
tintelend sy weg deur blare baan
verby nonnetjieseend wat saggies gly
oor rimpelwater na waar riete
ritsel in die wind vinke
skinder sonnetjie
blink op eendeveer
as donker
baber diep onder draai uit duister
boontoe gly na ligter
water met wind en riet nog rimpels
saai voor hy terug na dieptes
daal en glinsterson gladweg weer
oor nonnetjieswater straal
son en riet en nonnetjie
wind en water weet dit nie
- dis alles, alles Debussy

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Mohammed aan Ajesja" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Rita" deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 06:44:15 MGT 2024